首页> 外文期刊>south african journal of plant and soil >Gips as grond en water ameliorant
【24h】

Gips as grond en water ameliorant

机译:Gips as grond en water ameliorant

获取原文
           

摘要

Gips korn algemeen voor, beide as 'n mineraal (gemynde gips) sowel as 'n industri#xEB;le neweproduk (fosforgips of nywerheidsgips) en word vryelik gebruik as 'n grond en water ameliorant. Groot hoeveelhede nywerheidsgips word jaarliks in Suid-Afrika vervaardig in gebiede waar natuurlike gips normaalweg nie voorkom nie. Gips word op gronde uitgestrooi as 'n ameliorant teen die aansameling van natrium, die effekte van grondsuurheid, as 'n middel om waterinfiltrasie in gronde te verbeter en as 'n bron van die plantvoedingstowwe Ca en S. Sommige nywerhede soos byvoorbeeld papiernywerhede, gebruik gips as 'n waterameliorant om 'n meer gunstige natrium adsorpsievermo#xEB; (NAV) in uitvloeiselwater te bewerkstellig. Nywerheidsgips bevat egter fluoor (F). Die gebruik van nywerheidsgips as ameliorant mag dus grond se F-konsentrasies tot onaanvaarbare vlakke verhoog terwyl wateroplosbare F oppervlak en ondergrondse waterbronne mag besoedel deur afloop en infiltrasie. Daar word gerapporteer oor 'n voorbeeld waar die gebruik van nywerheidsgips as waterameliorant sekere grond F-konsentrasies tot onaanvaarbare vlakke verhoog het. Die onoordeelkundige gebruik van nywerheidsgips as grond- en waterameliorant word dus bevraagteken.

著录项

获取原文

客服邮箱:kefu@zhangqiaokeyan.com

京公网安备:11010802029741号 ICP备案号:京ICP备15016152号-6 六维联合信息科技 (北京) 有限公司©版权所有
  • 客服微信

  • 服务号