首页> 外文期刊>south african journal of plant and soil >Fosfor in geselekteerde onversteurde en bewerkte Suid-Afrikaanse gronde 1. Totale, anorganiese en organiese fosfor
【24h】

Fosfor in geselekteerde onversteurde en bewerkte Suid-Afrikaanse gronde 1. Totale, anorganiese en organiese fosfor

机译:Fosfor in geselekteerde onversteurde en bewerkte Suid-Afrikaanse gronde 1. Totale, anorganiese en organiese fosfor

获取原文
           

摘要

Min is bekend oor die effek van boerderypraktyke soos bewerking, bemesting en bekalking op die fosforfraksies in gronde van die somerre#xEB;nvalgebied (25#xB0;-30#xB0;S; 24#xB0;#x2013;30#xB0;O) in Suid-Afrika. Die doelstellings van die studie was om die effek van gewasverbouing op die totale (Pt), anorganiese (Pa) en organiese (Po) fosforfraksies van hierdie gronde te kwantifiseer en om vas te stel hoe die Pa- en Po-fraksies, wat ten opsigte van planttoeganklik- heid verskil, deur gewasverbouing be#xEF;nvloed word. Siegs die effekte van gewasverbouing op Pt, Paen Poword hier gerapporteer. Bewerkte en nabygele#xEB; onversteurde bogronde (0#x2013;200 mm) is by 50 lokaliteite, wat verspreid in die ondersoekgebied voorkom, versamel. 'n Opeenvolgende ekstraheringsprosedure is gebruik om die Pa(NaHCO3-Pa, NaOH-Pa, HCI-Paen residuele-Pa) en Po(NaHCO3-Po, NaOH-Poen residuele-Po) in die monsters te fraksioneer vir kolorimetriese bepaling. Daarna is Pt, Paen Podeur sommering van die relevante fraksies bereken. Die Ptvan die bewerkte gronde was in 76 van die gevalle groter as die van nabygele#xEB; onversteurde gronde. Dit is omdat die toename in Paweens bemesting groter was as die afname in Poweens mineralisasie. Gevolglik is die bydrae van Patot Ptgroter as die van Potot Ptin die bewerkte gronde, wat nie die geval in die onversteurde gronde was nie. Die korrelasies van organiese C, totale N en totale S met Poin die bewerkte gronde is oorwegend lare as in die onversteurde gronde. In beide die onversteurde en die bewerkte gronde het Pt, Paen Pogoed onderling gekorreleer. Klimaatsparameters en grondeienskappe het 'n kleiner persentasie van die variasie in die drie fosforfraksies verklaar.

著录项

获取原文

客服邮箱:kefu@zhangqiaokeyan.com

京公网安备:11010802029741号 ICP备案号:京ICP备15016152号-6 六维联合信息科技 (北京) 有限公司©版权所有
  • 客服微信

  • 服务号