首页> 外文期刊>south african journal of plant and soil >Reaksie van twee lengtekoringkultivars op stikstof- en swaelbemesting in die Swartland. II. Opbrengs en bakkwaliteit
【24h】

Reaksie van twee lengtekoringkultivars op stikstof- en swaelbemesting in die Swartland. II. Opbrengs en bakkwaliteit

机译:Reaksie van twee lengtekoringkultivars op stikstof- en swaelbemesting in die Swartland. II. Opbrengs en bakkwaliteit

获取原文
           

摘要

In die Swartlandkoringproduksiegebied is daar oor die afgelope tien jaar 'n daling in die gemiddelde prote'ieninhoud en bakkwaliteit van koring ondervind, selfs ten spyte van verhoogde stikstofbemesting. Die belangrikheid van die korrekte N: S verhouding het die vraag laat ontstaan of 'n wanbelans tussen N en S nie gedeeltelik verantwoordelik is vir die swak benuttingsdoeltreffendheid van N by ho#xEB; N-bemestings en verdagte kwaliteit van koring in die Swartland nie. Die lentekoringkultivars Palmiet en SST 66 is in 1990 en 1991 op Langgewensproefplaas in'n faktoriaalproef geplant om die gekombineerde effek van 0, 12.5, 25 en 50 kg S ha#x2212;1en 50, 100 en 150 kg N ha#x2212;1op opbrengs en bakkwaliteit te bestudeer. Palmiet het 'n ho#xEB;r opbrengs as SST 66 gelewer. Stikstofbemesting het die opbrengs sowel as die meeste opbrengskomponente verhoog. Die korrelmassa is egter nie betekenisvol bei'nvloed nie. Swaelbemesting het nie 'n effek op opbrengs gehad nie. Die opbrengsreaksie teenoor N is egter in 1990 verbeter met 'n toename in S vanaf 0 tot 25 kg ha#x2212;1. SST 66 het 'n beter bakkwaliteit as Palmiet. Verhogings in N het bakkwaliteit verbeter deurdat prote'ieninhoud in die korrels en in die meel asook die broodvolume verhoog is. Die broodvolume van SST 66 is deur 'n toename in S- bemesting tot op 'n vlak van 25 kg S ha#x2212;1verbeter. Met verdere toenames in S het dit weer afgeneem. Die broodvolume van Palmiet is nie deur S bei'nvloed nie. Kultivarverskille ten opsigte van bakkwaliteit kan dus verklaar word deur hul vermo#xEB; om S te benut. Die belangrikheid van gebalanseerde bemestingsprogramme, veral in gebiede met ho#xEB; produksiepotensiaal, is beklemtoon. 'ri Leemte in huidige graderingsregulasies waar slegs die kwantiteit en nie die kwaliteit van prote#xEF;ene bepaal word nie, is ook ontbloot.

著录项

获取原文

客服邮箱:kefu@zhangqiaokeyan.com

京公网安备:11010802029741号 ICP备案号:京ICP备15016152号-6 六维联合信息科技 (北京) 有限公司©版权所有
  • 客服微信

  • 服务号