首页> 外文期刊>south african journal of plant and soil >Die fitotoksiese eienskappe van koring-strooi en die invloed daarvan op opkoms, vegetatiewe groei en opbrengs van koring (Triticum aestivum)
【24h】

Die fitotoksiese eienskappe van koring-strooi en die invloed daarvan op opkoms, vegetatiewe groei en opbrengs van koring (Triticum aestivum)

机译:Die fitotoksiese eienskappe van koring-strooi en die invloed daarvan op opkoms, vegetatiewe groei en opbrengs van koring (Triticum aestivum)

获取原文
           

摘要

Die vrystelling van allelopatiese stowwe as ontbindingspro- dukte van koringstrooi kan swak plantegroei en opbrengs van koring veroorsaak. 'n Glashuisstudie is oor drie jaar uitgevoer om die opkoms, vegetatiewe groei en opbrengs van koring (kultivar SST66 en Palmiet) te ondersoek in die teenwoordig-heid van gesteriliseerde en ongesteriliseerde koringstrooi (kultivar Palmiet) in 'n sand en 'n 2: 1 sand: grond mengsel. Die effek van strooiplasing, saaidiepte, strooimassa en graad van strooiverrotting is ondersoek. Die gesteriliseerde strooi het geen groei- of opbrengskomponent beduidend bei'nvloed nie. Die plasing van die saad ten opsigte van die strooi het wel die persentasie opkoms be#xEF;nvloed. Ongeag die plasing van ongesteriliseerde strooi (bo-op of gemeng met die medium) het 'n ho#xEB; strooimassa 'n swakker opkoms getoon en groei vertraag in vergelyking met 'n laer strooimassa m#x2212;2. Groeiveranderlikes soos wortel-, stam- en blaarmassa, blaar- getal, blaaroppervlakte en aantal halms is beduidend benadeel in vergelyking met die kontrole (geen strooi), veral waar 'n ho#xEB; massa strooi vermeng was met die medium en die saad diep geplaas is. Siegs een opbrengskomponent, naamlik massa per korrel, was nadelig be'invloed. Die resultate het getoon dat strooi bo-op die medium die minste nadelig was vir opkoms, groei en opbrengs, terwyl 'n toename in strooimassa en saaidiepte nadelig was.

著录项

获取原文

客服邮箱:kefu@zhangqiaokeyan.com

京公网安备:11010802029741号 ICP备案号:京ICP备15016152号-6 六维联合信息科技 (北京) 有限公司©版权所有
  • 客服微信

  • 服务号