首页> 外文期刊>south african journal of plant and soil >Manipulasie van sori-voorkoms opRumohra adiantiformisblare
【24h】

Manipulasie van sori-voorkoms opRumohra adiantiformisblare

机译:Manipulasie van sori-voorkoms opRumohra adiantiformisblare

获取原文
           

摘要

Rumohra adiantiformis(G. Forst.) Ching, die Seweweeks- of Knysnavaring se gewildheid as snyloofproduk neem vinnig toe. Onder natuurlike groeitoestande ontwikkel die Knysnavaring slegs beperkte hoeveelhede sori, terwyl groot hoeveel- hede sori ontwikkel wanneer die varing onder skadunet verbou word. Die vorming van oormatigesorilei tot bemarkings- probleme. 'n Proef is op die perseel van Bergland Tuine te Krugersdorp uitget#xEA; om die invloed van etefon, paklobutrasool (PP 333), gibberelliensuur (GA3) en sitokiniene elk by drie peile sowel as verskillende skaduvlakke op sori-voorkoms van volwasse blare te bepaal. GA3op blaarstadium 3 verhoog soms, maar sitokiniene het geen invloed op sori-voorkoms gehad nie. Etefon teen 144 en 480mg dm#x2212;3het sori-voorkoms betekenisvol verlaag indien dit op blare in die knop- stadium toegedien is. PP 333 toegedien teen al drie peile op blare in die knopstadium het die aantal sori verminder. Die hoofeffek vir skaduwee was nie betekenisvol nie, maar daar was wel 'n neiging binne kontrolebehandeling dat die minste sori voorgekom het by plante wat by die hoogste skaduvlak gekweek is.

著录项

获取原文

客服邮箱:kefu@zhangqiaokeyan.com

京公网安备:11010802029741号 ICP备案号:京ICP备15016152号-6 六维联合信息科技 (北京) 有限公司©版权所有
  • 客服微信

  • 服务号