首页> 外文期刊>south african journal of plant and soil >'n Nuwe benadering tot die bepaling van hitte-eenhede vir sonneblom
【24h】

'n Nuwe benadering tot die bepaling van hitte-eenhede vir sonneblom

机译:'n Nuwe benadering tot die bepaling van hitte-eenhede vir sonneblom

获取原文
       

摘要

Die konvensionele metode vir die bepaling van hitte-eenhede is vergelyk met 'n nuwe benadering. Data uit sewe kultivarproewe insluitende daaglikse maksimum en minimum temperature is gebruik om die hitte-eenhedevereistes van drie kultivars te bepaal. Twee vergelykings is gebruik, een verteenwoordig die konvensionele hitte-eenhedebenadering en die ander een die nuwe benadering. Onafhanklike data van 16 kultivarproewe, wat oor drie jaar uitgevoer is, is gebruik om die voorspellingswaarde van die verskillende vergelykings vir die somerre#xEB;nsaaigebiede van Suid-Afrika te toets. Akkumulasies van relatiewe hitte-eenhedeY, wat volgens die vergelykingY= #x2212;0,014X2+ 1,08X- 6,9 waarX= (2Tx+Tn)/3,Tx= daaglikse maksimum temperatuur enTn= daaglikse minimum temperatuur, bereken is, het die beste voorspellings gegee van die aantal dae van plant tot 50 blom. Kriteria wat gebruik is om voorspellingswaarde te beoordeel is: goeie ooreenstemming tussen gemiddeldes van die werklike en berekende aantal dae tussen plant en blom, klein afwykings van berekende waardes vanaf hul gemiddeldes en temperatuuronafhanklikheid van die afwykings. Beoordeel volgens hierdie norme is die nuwe benadering meer betroubaar as die ou benadering en behoort dus gebruik te word om die ontwikkeling van sonneblom te voorspel vir die somerre#xEB;nsaaigebiede van Suid-Afrika.

著录项

获取原文

客服邮箱:kefu@zhangqiaokeyan.com

京公网安备:11010802029741号 ICP备案号:京ICP备15016152号-6 六维联合信息科技 (北京) 有限公司©版权所有
  • 客服微信

  • 服务号